
Afrikaans
Aandrus is ‘n plaasstyl-huis in die Karoo met 4 slaapkamers, 3 badkamers, ‘n kombuis wat volledig toegerus is, ‘n eet- en TV-kamer en lieflike braaigeriewe. Drie van die kamers is toegerus met lugversorging en die ander met waaiers. Twee van die lugversorgde kamers het een dubbelbed en een enkelbed. Die ander kamers het elk 3 enkelbeddens in.
Die grootste bonus is dat u nie die huis met ander persone hoef te deel nie. U gerief en privaatheid is vir ons baie belangrik en daarom kry u dus nie net ‘n kamer nie – die hele huis se geriewe is net vir u en u vriende/familie.
Die Spasie
Die huis is op ‘n kleinhoewe geleë en spog met lieflike uitsigte en ‘n bekoorlike ou klipdam met koi- en goudvisse. Die huis is stapafstand van al die besienswaardighede in die dorp af, insluitend winkels, restaurante en koffiewinkels. Met stapafstand bedoel ons dat jy binne 400 meter van meer as 5 eetplekke/koffiewinkels en verskeie snuffelwinkels is. Veiligheid en rustigheid is ‘n gegewe. Onthou, op Prins Albert beteken veiligheid nie slotte en alarms, vuurwapens en waghonde nie. Kom skakel af hier by ons en vergeet van die gejaagde lewe en die stad vol misdaad en stres.
English
Aandrus is a country-style house situated on a smallholding in the Karoo, within walking distance (300m) from shops and cafes . The house has beautiful scenery and features a lauded old stone-walled dam complete with Koi and goldfish. It is the ideal starting point to explore the town and its surroundings. There is a market every Saturday where you can get fresh pancakes and other delicacies. There are various site seeing opportunities around including star tours and the local olive farms.
The space
There is a theater in town, The Showroom Theater, which hosts spectacular shows and artists, there is usually also movies on Saturdays and various other attractions. The town features a few spectacular coffee shops, including the Lazy Lizzard. There are various activities in the surrounding area which are ideal for day trips, including visiting the well-known Swartbergpas, Gamkaskloof, Kango caves and a host of others.

2 Bedrooms
1 Double Bed
1 Single Bed

2 Bedrooms
3 Single Beds

2 Baths
3 Showers

Air Conditioning

Jou eie wasbak
Wonderlik, jy kan in kalmte klaarmaak sonder dat iemand in jou nek blaas.

Buite Braai
Geniet ‘n lekker buitelig kuitertjie om ‘n gesellige ronde vuurmaakplek.

Bad in styl
Bad heerlik in styl en geniet die outentieke gevoel. As daar ooit ‘n vloed is kan jy hier spane kry.

Kuier Kombuis
Wat is nou lekkerder as ‘n kuier kombuis waar almal lekker om die tafel kan drom met ‘n koppie boeretroos en ouma se beskuit.

Waardeer die Stilte
Koester die alleentydjies en raak weer van voor af verlief op mekaar of spandeer net ‘n oomblik alleen in die natuurskoon.

Verlig jou lewe
Verlig jou lewe en die atmosfeer met ons olie lampies. Dit sal die beste gevoel skep en jy sal nie jou toon stamp nie.
Wat om hier te doen
Vra ons gerus vir afslag op koffie/etes by die Lazy Lizzard en die afslag op die huur van fietse wat ons gaste kan geniet. Ons is die ideale basis vanwaar jy Prins Albert en die nabye omgewing kan verken. Die Swartbergpas, Gamkaskloof (die Hel), Meiringspoort, die Kango-grotte en heelwat ander plekke kan op daguitstappies besoek word. Kom proe gerus ons plaaslike produkte en heerlike pannekoeke by die Saterdagmarkie, koop vars melk by die suiwelboerdery en geniet van die bekroonde kase by Gay’s Dairy.
Ons is baie trots op ons dorp en sy inwoners. Lees gerus die Prince Albert Vriend – die plaaslike koerant – en raak bewus van alles wat in ons dorp gebeur en al die projekte wat hier aangepak word om ons dorp en sy mense die prinsdorp te maak wat dit is. My mond hang gereeld oop as ek lees van al die puik nuwe idees, planne en vindingrykheid waarmee die mense hier vorendag kom.
Ondersteun ook gerus ons klein besighede soos die Lekkerbek Kafee onder in die dorp – skuins oorkant die Hardeware winkel. Die eienaar van die winkel is ‘n toonbeeld van ons mense se deursettingsvermoë. Piet Cordier het as blinde, jong seun in ‘n treinongeluk albei sy bene verloor. Hy laat hom nie onderkry nie en slaan self die ’till’ al is hy heeltemal blind. Jy sal hom soggens heeltemal sonder hulp in sy rolstoel sien ry in die straat af na sy winkel. Piet is ‘n voorbeeld vir almal en verdien beslis ons ondersteuning.
Verder kan jy ook sterrekyk saam met Astro Tours, vertonings by die Showroom bywoon, olyfplase besoek en gaan kyk wat als by Bergwater Kelders gebeur.