About Teen die Randjie Guesthouse

Afrikaans

“Teen die Randjie” Gastehuis is in Prins Albert geleĆ« en bied gehalte- en bekostigbare verblyf. Dit is ideaal vir ‘n gesin of vriendegroep. Die huis is in ‘n stil en veilige omgewing naby verskeie winkels, restaurante en besienswaardighede.

Die huis het 4 slaapkamers, waarvan twee en suite-badkamers het, en daar is ‘n aparte badkamer. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en die ander kamers het elkeen 2 enkelbeddens. Drie van die slaapkamers het lugversorging.

Die kombuis is toegerus met alles wat nodig is vir selfsorgverblyf. Daar is ‘n leefarea met gemaklike banke en ‘n TV, en ‘n patio met ‘n ruim braai-area. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek tydens hul verblyf.

English

“Teen die Randjie” Guesthouse is located in Prince Albert and offers quality accommodation at an affordable price, ideal for a family or a group of friends. The house is in a quiet and safe area, close to various shops, restaurants and tourist attractions. The kitchen is outfitted with all the necessary utensils for a self-catering stay. There is also a living area with comfortable couches and a TV. Outside there is a patio with a spacious Braai/BBQ-Area.
Guests have access to safe parking during their stay.

The space

The house has 4 rooms, 2 of which feature en-suite bathrooms, there is also a separate bathroom. The main bedroom has a Double bed, while the others have 2 single beds, 3 of the rooms have air-conditioning.

1 Bedroom

1 Double Bed

3 Bedrooms

2 Single Beds

1 Baths

3 Showers

Air Conditioning


Jou eie wasbak

Wonderlik, jy kan in kalmte klaarmaak sonder dat iemand in jou nek blaas.

Buite Braai

Geniet ‘n lekker buitelig kuitertjie om ‘n gesellige ronde vuurmaakplek.

Gemaklike geselskap

Gesels met en in gemak terwyl die ander stort.

Kuier Kombuis

Wat is nou lekkerder as ‘n kuier kombuis waar almal lekker om die tafel kan drom met ‘n koppie boeretroos en ouma se beskuit.

Wees ‘n stoepsitter

Koester die alleentydjies en raak weer van voor af verlief op mekaar of spandeer net ‘n oomblik alleen in die natuurskoon.

Lag, spot en geniet

Geniet jou vriende en familie in die intieme kuierkamer. Mens kry nie aldag tyd om net te wees nie, so, wees!

Wat om hier te doen

Vra ons gerus vir afslag op koffie/etes by die Lazy Lizzard en die afslag op die huur van fietse wat ons gaste kan geniet. Ons is die ideale basis vanwaar jy Prins Albert en die nabye omgewing kan verken. Die Swartbergpas, Gamkaskloof (die Hel), Meiringspoort, die Kango-grotte en heelwat ander plekke kan op daguitstappies besoek word. Kom proe gerus ons plaaslike produkte en heerlike pannekoeke by die Saterdagmarkie, koop vars melk by die suiwelboerdery en geniet van die bekroonde kase by Gay’s Dairy.

Ons is baie trots op ons dorp en sy inwoners. Lees gerus die Prince Albert Vriend – die plaaslike koerant – en raak bewus van alles wat in ons dorp gebeur en al die projekte wat hier aangepak word om ons dorp en sy mense die prinsdorp te maak wat dit is. My mond hang gereeld oop as ek lees van al die puik nuwe idees, planne en vindingrykheid waarmee die mense hier vorendag kom.

Ondersteun ook gerus ons klein besighede soos die Lekkerbek Kafee onder in die dorp – skuins oorkant die Hardeware winkel. Die eienaar van die winkel is ‘n toonbeeld van ons mense se deursettingsvermoĆ«. Piet Cordier het as blinde, jong seun in ‘n treinongeluk albei sy bene verloor. Hy laat hom nie onderkry nie en slaan self die ’till’ al is hy heeltemal blind. Jy sal hom soggens heeltemal sonder hulp in sy rolstoel sien ry in die straat af na sy winkel. Piet is ‘n voorbeeld vir almal en verdien beslis ons ondersteuning.

Verder kan jy ook sterrekyk saam met Astro Tours, vertonings by die Showroom bywoon, olyfplase besoek en gaan kyk wat als by Bergwater Kelders gebeur.